Om goed te kan lees is uiters belangrik en daarom is dit soms nodig dat ‘n leerder (groot en klein) leesterapie moet ontvang.
Ons verskaf nie self leesterapie nie maar kan “leessentrums” aanbeveel wat goed nagevorsde metodes
gebruik, goed gevestig is en goeie resultate bereik.
Vervolgens is meer inligting rakende die bestaande leesterapie wat deur bekende leessentrum aangebied word
Wie sal baat by leesterapie?
Leesprogramme word opgestel en aangepas om by die leerling se huidige leesvaardigheid te pas. Die vordering (hoe klein ook al) wat van les tot les behaal word, word erken en ingewerk in die opeenvolgende lesse. So word die werk volgens die leerling se vordering al moeiliker – sonder om hom/haar moedeloos te maak en eerder om hom/haar aan te spoor om beter te presteer.
Evaluering
‘n Standaard-evaluasie word met die aanvang van die leesterapie gedoen.
Deurlopende evaluasie word na elke leesles gedoen, waarby die moeilikheidsgraad dienooreenkomstig aangepas word.
Die normale (standaard) lees-evaluasie vir gr. 4-12, sluit die volgende in:
Leesles
Elke leesles is doelmatig ontwerp en daarop gemik om: