Wie is ons?

Die naam Bertru is die kombinasie en akroniem van Bert en Trudie Grobbelaar se name. Ons is raadgewers wat aan LEERDERS van enige ouderdom hulp verleen en hulle ondersteun om binne hulle vermoë te presteer. Bert het vir meer as 20 jaar bestuurservaring en Trudie was vir meer as 15 jaar lank ‘n Hoërskool-onderwyseres. Sy het ook die volgende grade behaal: B.Ed. (Honneurs), M.Ed. (Leerlingondersteuning) en Ph.D. (Pastoraal). Ons het ‘n Leersentrum in Eldoraigne waar ons ons kundigheid aanwend om die probleme wat leerders ondervind met LEES en STUDEER effektief aanspreek. Ons is gekwalifiseerd en gelisensieerd om met hierdie dienste enigiemand te help om die daaglikse werk kreatief en optimaal aan te pak. Ons bevrediging en missie is om elke leerder wat by ons terapie ontvang so ver moontlik – met alles tot ons beskikking – toe te rus om optimaal te ontwikkel.

 

line
Website by SEOc & bCreative