Die NBI™ is ‘n revolusionêre groep evaluasies wat deur die bekende Kobus Neethling ontwikkel is en wat die voorkeure van ‘n persoon se huidige denkwyses bepaal. Die resultate van die evaluasies word dan gebruik om die persoon se denkvoorkeure en vervolgens sy breinprofiel te bepaal.
Kobus Neethling definieer kreatiwiteit as dit wat as ‘n leefwyse beskou moet word waarin die manier hoe ‘n persoon dink, hoe hy/sy droom en hoe hy/sy dinge doen, saamgevat word.
In sy boek: Creative People Can Perform Miracles (2001, p18-19) identifiseer hy die waardes wat krities belangrik is om kreatiwiteit as ‘n aksie in spesifiek ‘n leeromgewing te laat floreer en dinamies te laat werk.
Hierdie waardes is:
Die NBI™ is ‘n 30+16 stel vrae wat ‘n diagnostiese opname is van ‘n persoon se huidige denkwyses. Die vrae word beoordeel aan die hand van 4 kwadrante en 8 dimensies en word gebruik om die denkvoorkeure te bepaal, wat op hulle beurt weer gebruik word as boustene om die breinprofiel vas te stel. Die diagnostiese opname stel ons (NBI Praktisyns) in staat om die resultate te interpreteer en relevante aanbevelings te doen, byvoorbeeld vakkeuses, studie, beroepskeuses, ens.
Die uitkomste van die evaluasie en geïnterpreteerde resultate word skriftelik saamgestel en gedurende ’n afspraak volledig bespreek en oorhandig. Inligting wat voortvloei uit die evaluasie byvoorbeeld selfkennis, interpersoonlike verhoudings, ouerskap, leierskap, ensovoorts word ook bespreek, waarop ons aanbevelings kan doen ten opsigte die benutting van die hele brein – “whole brain thinking”.
Die verslag gee ‘n volledige verduideliking van die breinprofiel aan die hand van denkvoorkeure en ander aspekte wat die profiel ondersteun. ‘n Persoon se denkvoorkeure gee ‘n duidelike aanduiding van die style wat vir hom/haar belangrik is en derhalwe gevolg sal word in die volgende aktiwiteite:
‘n Persoon se kennis oor sy unieke voorkeure gee hom ‘n nuwe persepsie oor homself en ander mense waarmee hy daagliks in kontak kom. Hierdie kennis is veral by leerlinge ‘n baie goeie basis vir o.a. die bepaling en aanleer van studiemetodes.
Die kennis is verder onmisbaar vir die ontwikkeling van die vermoë om die hele brein te gebruik en sodoende die essensie van probleme en geleenthede makliker te identifiseer en ‘n kreatiewe oplossing(s) daarvoor te kry.
Geheel-brein-denke stel die persoon ook in staat om vaardigheid te ontwikkel en strategieë te beplan (en te implementeer) vir die volhouding van kreatiewe– en positiewe denke.
Die opname van die 30 diagnostiese vrae kan direk op rekenaar (aanlyn) of per hand (vraelys) voltooi word.
Aanlynmetode: ons verskaf die “username” en password” wat toegang verleen tot die webwerf waar die toevoere gedoen moet word.
Vraelysmetode: Ons verskaf ’n vraelys wat voltooi moet word waarna ons die inligting op rekenaar sal toevoer.
Die prys wissel na gelang die volgende behoeftes:
(Ons bied NBI™ Brein Profiele aan in Afrikaans en Engels)
Vir meer besonderhede oor die NBI Breinprofiel:
Neethling Brain Instruments™:
NBI™ Adult
NBI™ Teacher/Trainer
NBI™ Eating Habits
NBI™ Junior Student
NBI™ Senior Student
NBI™ Parenting
NBI™ Leadership
NBI™ Relationship
NBI™ Creativity
NBI™ Learning
NBI™ Personal Skills
NBI™ Personal Skills
NBI Personal Negativity
Neethling Sport Preference Instruments™
NBI™ Rugby
NBI™ Rugby Referee
NBI™ Soccer
NBI™ Golf
NBI™ Tennis
NBI™ Cricket
Vir meer inligting besoek die NBI™ Brain Profile webwerf.